BEDERF DAAI MAN!
KOOPBoerewors Broeke
-
Tent Opslaan
Regular price R 250.00 ZARRegular priceUnit price / perR 250.00 ZARSale price R 250.00 ZAR -
Verpak as n Geskenk
Regular price R 50.00 ZARRegular priceUnit price / perR 50.00 ZARSale price R 50.00 ZAR
So Suid-Afrikaans soos kan kom.
Hierdie broeke is so Suid-Afrikaans soos kan kom. Die lap word by Suid-Afrikaners gekoop, die rek word vervaardig deur 'n Suid-Afrikaanse besigheid en ons broeke word gestik en aanmekaar gesit deur Suid-Afrikaners. Hierdie werkers werk in goeie, menslike omstandighede. Die drukwerk word ook plaaslik gedoen deur 'n firma wat hartlik Suid-Afrikaans is - ons almal skree groen en goud!
Wat ons bied:
Jou gemaklike Boereworsbroek is gemaak van premium 100% rekkatoen met 'n sagte rek om jou middel. Links agter op die been en regs voor op die been is daar 'n idioom, sêding of prentjie gedruk soos wat jy gekies het. In groottes van Sprinkaanboud (Small) tot Blouwildebeesboud (5XL) is daar 'n broek vir elkeen! Ons unieke verpakking maak van die Boereworsbroek 'n egte boerworservaring! Jy gaan heerlik kan slaap in die broek, of wakkerbly of braai. Geniet jou Boereworsbroek soos jy wil!
'n Grappie om die tafel het blitsvinnig in die Boereworsbroek-konsep verander.
Die bydraes en idees van ons groep vriende het tot Boereworsbroeke gelei. Die sêgoed en idiome van Afrikaans skep die ruimte om te kan speel met woorde en prentjies, en hoe jy dit lees of interpreteer - is jou saak! Hierdie unieke slaapbroeke se sêgoed word saamgestel deur fyn luister, grappies en algemene gesprekstaal tussen mense - daar is so baie idees tussen mense se woorde.