Tevredenheid Waarborg

Ons hoop dat jy so opgewonde oor jou Boereworsbroek sal wees dat jy dit dadelik wil aantrek!

Om items terug te stuur, gebruik asseblief die Kontak-vorm.

Jy kan ongelukkig nie 'n toetslopie vat, daarin slaap of braai en dan besluit om terug te stuur nie. 

Deel van ons waardestelsel is volhoubaarheid en omgewingsbewustheid. Elke broek wat teruggestuur word, moet vernietig word en dit is nie goed vir Moeder Aarde nie.

Ons "sizing chart" is so volledig moontlik opgestel - maak seker jou broek lyk nie soos 'n sleg gestopte wors nie.

 

Indien daar defekte en swak vakmanskap op jou broek te bespeur is - kontak ons en ons vervang jou broek met dieselfde grootte en ontwerp!

Indien jy enige vrae het oor die terugstuurprosedure of indien jy nie heeltemal tevrede is met die diens wat jy ontvang het nie, kontak ons gerus by 072 142 1639.