Lag Saam
-
Wat noem jy ´n vrou wat 24 uur per dag weet waar haar man is?
´n Weduwee.
-
Gee ´n man ´n vis, en hy het iets om te eet vir die dag. Leer ´n man om vis te vang, en hy sal heeldag in ´n boot sit en bier drink.
-
Hoekom is dit moeilik om ´n man te vind wat sensitief is, omgee en boonop iets is om na te kyk?
Hulle het almal reeds kêrels. -
Hoekom is een miljoen spermselle nodig as jy een eiersel wil bevrug?
Nie een van hulle stop ooit om vir aanwysings te vra nie. -
Hoekom is grappies oor blondines so kort?
Sodat mans dit kan onthou. -
Hoe weet jy ´n man is die tipe wat goed beplan vir die toekoms?
Hy koop genoeg Coke vir sy brandewyn. -
Hoeveel mans is nodig om die toiletpapier te vervang?
Niemand weet nie, dit het nog nooit gebeur nie. -
Die manlike vorm van PMS is MMS (Moerige Man Sindroom).
-
Hoekom klop ‘n man se hart vinniger, raak hy lam in die knieë en kan hy nie praat nie wanneer ‘n vrou leerklere dra?
Want sy ruik soos ‘n nuwe bakkie. -
‘n Vrou meld haar man se verdwyning aan by die polisie. Die polisieman vra of sy enige boodskap vir haar man het indien hulle hom opspoor.
“Ja” sê sy “sê vir hom my ma het toe nie kom kuier nie.” -
Mans is half gemaak. Hulle het tieties sonder melk, voels sonder vere, eiers sonder doppe, sakke sonder geld en klokke sonder klank…. Shame
-
Gehoor mens kry twee soorte mans:
Agt duim en ag siestog!
Grappe deur Roekeloos, "Mans", 20/06/2019, https://www.roekeloos.co.za/grappe/mans/