Spanpoging tussen Louan en Marianda.

Die eienaars van Boereworsbroeke is pure Afrikaans. Ons lag, droom en kuier in Afrikaans.

Ons doelwit is om hoop te skep in ons omgewing deur werkskepping en vir die werkers 'n positiewe werksomgewing te skep. 'n Plek waar elkeen behoort. Hierdie waardeketting sluit ook ondersteuningsdienste in.

Ons is al langer as 23 jaar saam waarvan 20 jaar as getroudes is. Saam het ons al baie aangepak en is mekaar se grootste ondersteuners en kritici. Marianda is die entrepreneur, met groot drome, baie planne en hope kreatiwiteit. Louan is die praktiese "mens" wat alles tot op die laaste uitwerk en aan alles dink. Sy praktiese insig gee fondamente aan hierdie vennootskap. Niks is ooit te groot vir Louan om uit te werk, te verpak en struktuur te gee nie. En dit is wie ons is!

'n Grappie om die tafel het blitsvinnig in die Boereworsbroek-konsep verander.

Die bydraes en idees van ons groep vriende het tot Boereworsbroeke gelei. Die sêgoed en idiome van Afrikaans skep die ruimte om te kan speel met woorde en prentjies, en hoe jy dit lees of interpreteer - is jou saak! Hierdie unieke slaapbroeke se sêgoed word saamgestel deur fyn luister, grappies en algemene gesprekstaal tussen mense - daar is so baie idees tussen mense se woorde.

Trots Suid-Afrikaans

Hierdie broeke is so Suid-Afrikaans soos kan kom. Die lap word by Suid-Afrikaners gekoop, die rek word vervaardig deur 'n Suid-Afrikaanse besigheid en ons broeke word gestik en aanmekaar gesit deur Suid-Afrikaners. Hierdie werkers werk in goeie, menslike omstandighede. Die drukwerk word ook plaaslik gedoen deur 'n firma wat hartlik Suid-Afrikaans is - ons almal skree groen en goud!